Lusus: Cycling Events
Lusus: Cycling Events

Mimic Epic

Location: Red Sands Country Lodge

Date: 06 October 2018 - 13 October 2018

Details

Details
  • Die wedren is van 6-13 Oktober.
  • Deelnemers skryf in in spanne van twee (Mans / Dames / Gemeng).
  • Jy moet aansluit by ons Strava Club (https://www.strava.c.../mimic-epic2018), omdat alle ritte op Strava opgeneem moet word.
  • Ons begin deur op Saterdag 6 Oktober deel te neem aan die Doringdraad MTB oor 60km, aangebied deur Iron Ore Wheelers van Kathu. Deelnemers wat nie aan hierdie wedren kan deelneem nie, moet ’n rit van minstens 60km op hierdie dag ry en opneem.
  • Vanaf 7-12 Oktober moet elke deelnemer elke dag minstens 20km ry en op Strava opneem.
  • Op Saterdag 13 Oktober kom alle ryers op Red Sands naby Kuruman byeen en ons ry kompeterend oor 50km. Dames sal ’n korter roete van sowat 40km ry wat minder tegnies is. Spanlede moet binne een minuut van mekaar eindig.
  • Ons wedren word geborg deur Buycycle (www.buycycle.co.za), ’n aanlyn winkel wat spesialiseer in fietsry toerusting. Jy bestel en hulle lewer by jou huis af. Gaan na hulle webblad en registreer vir hulle weeklikse nuusbrief.
  • In beginsel kan fietsryers van oor die hele land deelneem, solank jou rit op Strava opgeneem is en jy en jou spanmaat op 13 Oktober aan die wedren op Red Sands kan deelneem.
  • Deelnemers neem basies deel aan drie verskillende wedrenne: wedrenne op 6 en 13 Oktober, asook die Mimic Epic (as jy en jou spanmaat elke dag in die week gery het).
  • Kontak André de Villiers by [email protected] of 0846793274 vir navrae.
  • Kontak Red Sands (http://redsands.co.za) as jy die naweek wil oorbly.
  • Daar is ook ’n Trail Run op 13 Oktober.
Alle fondse wat ingesamel word, gaan vir die Dieresorg van Kuruman.