Lusus: Cycling Events
Lusus: Cycling Events

Windpomp sjerrie challenge

Location: Lappiesbaai Restaurant, Stilbaai

Date: 22 December 2018

Details

WINDPOMP SJERRIE CHALLENGE

OP JOU BERGFIETS VAN HOOGWATER TOT BY FONTEIN WATER

Op die 22ste Desember 2018, kan jy jou laaste trap voor Kersfees trap…Trap 25km, 50km of 90km op jou BERGFIETS. REGISTRASIE (CYCLE EVENTS). Vir laatkommers vanaf 15H00, Vrydag middag, die 21ste Desember 2018 by LAPPIESBAAI. Die laaste inskrywings sluit om 06H30, Saterdag die 22ste.

Die BEGINPUNT en REGISTRASIE is by LAPPIESBAAI Restaurant in STILBAAI. Die WEGSPRING is om 07H00 vir alle ryers.

34°22’23.40″S 21°25’43.64″

DIE EINDPUNT:

Op JONGENSDAL

JONGENSDAL is op die BLOMBOS pad tussen Jongensfontein en Vermaaklikheid, so 5 km vanaf Jongensfontein. Hier is ‘n PLAASMARK, KERSMARK, SPEELPARK en elke ander soort mark onder die son se produkte te koop. Yip, JAKKALSVLEI verkoop ou water in ‘n wynbottel wat jy nodig het vir die KERSTAFEL ! Ons het egter ook vars kaas, vars suurstof en selfs vars water beskikbaar! Ma, pa, boetie en sussie kan kom saamspeel oppie plaas en die boere gaan ons nie wegjaag nie! 34°23’51.79″S 21°19’32.13″E